Jukskei

Vanaf die sport se ontstaan in 1743 het dit gegroei tot ‘n populêre, kompiterende sport wat in skole en klubs gespeel word op provinsiale en nasionale vlak.

logo-background
background-hexogon-sport

Ons toegewyde afrigters en veral spelers, maak van jukskei ‘n gewilde en lekker spansport.

 

Hier is ons gelukkig en verteenwoordig ons die skool by alle toernooie met groot entoesiasme.

 

Afrigters:
Me Renate Hattingh
Me Janelda Röntgen
Mnr Hein Malan

 

Oefentye:
Maandae, Dinsdae en Donderdae
14:15 – 15:30

 

Oefenplek:
Die skool se jukskeibane

Drag tydens toernooie:
JV-drag
JV-sweetpak

Hoogtepunte tydens 2023-seisoen:

Ons het in 2023 6 spanne gehad wat aan die skoleliga deelgeneem het. Ons spanne het baie goed presteer en 5 uit die 6 het in die top 3 van hul onderskeie afdelings geëindig.

Die uitslae was as volg:
Eerstespan: 1ste plek in die A-afdeling
2 de span: 2de plek in o/19-Gemengafdeling
3 de span (C-stes): 1ste plek in die o/19B-afdeling
o/16B: 3de plek in die o/16 B-afdeling
o/16C: 1ste plek in die o/16 B-afdeling

 

Ons Eerstespan het ook 2de plek by die Noordvaal Toernooi behaal. (Die ou Direkteurstrofee)

 

Ons hele eerstespan verteenwoordig Gauteng-Noord Jukskei by die SA- Kampioenskappe in Kroonstad.
Evan Prinsloo, Durandt Bezuidenhout en Paulo van Niekerk is ook verkies tot die SA-span.
Ons Eerstespankaptein, Evan Prinsloo, gaan Suid-Afrika in 2024 in Namibië verteenwoordig.

 

Baie dankie aan elke speler wat bydra tot die groot sukses van jukskei en dankie aan elke ouer wat hul kind so mooi ondersteun.

sport-admin-background-hexogons

ORGANISEERDER

Mev Renate Hattingh

afAfrikaans