Ons wil graag vra dat u van die skakel gebruik maak om u kind se prestasies buite skoolverband te laai vir rekordering asook sosialemedia plasings. Van u het reeds per e-pos inligting gestuur, maar ons wil vra dat u asseblief alle prestasies vir 2025 hier sal laai.
Hiermee die skakel vir HTS JOHN VORSTER | Buiteprestasie 2025.
KLIK HIER!
In hierdie veranderende wêreld is tegnologiese vakke jou paspoort na sukses!
Sekere beroepsrigtings van die toekoms (“jobs of the future”) bestaan tans nog nie, maar die toekomstige arbeidsmarkvereistes is drasties besig om te verander– veral t.o.v tegnologie. Hierdie veranderinge bring egter ook geleenthede mee. Tegnologiese beroepe bly steeds in aanvraag. Die vermoë om vaardighede aan te bied waaroor ander aansoekers nie beskik nie, gaan die jong werkende se beste wapen bly.
HTS John Vorster bied al nege Tegnologiese vakrigtings aan en spesialiseer in uitnemende Tegnologiese Onderwys.
Ontsluit jou potensiaal. Word deel van die wenspan