Kultuur

HTS John Vorster spog met ‘n wye verskeidenheid kultuuraktiwiteite waaraan leerders kan deelneem. Op die gebied van redenaars, is die JV’s uiters kompeterend en welbekend op plaaslike, sowel as nasionale vlak.

 

HTS John Vorster neem ook met groot welslae deel aan kunswedstryde, kunstefeeste en sangkompetisies.

logo-background
sport-admin-background-hexogons

ORGANISEERDER

Mev Anél Groenewald

Kultuurdeelname

 

Kultuurdeelname is deurlopende harde werk wat vereis dat individue hul kultuuraktiwiteite baie ure agter die skerms moet inoefen.

 

Ons bied die volgende geleenthede by ons skool aan waar leerders hul talente kan ontwikkel en ten toon stel:

 

  • Redenaars (Afrikaans en Engels);
  • Kultuurdag –  waartydens leerders die geleentheid kry om enige talente te kom wys. Dié aktiwiteit is die hoogtepunt op ons Kultuurkalender en duur ‘n hele middag;
  • Glansfees – wanneer die sterre tydens ‘n spoggeleentheid weer eens hul talente ten toon stel;
  • Sanggroep – waaraan enigeen wat kan sing, kan deelneem.

KULTUURDAG / TALENTKOMPETISIE:

Die Kultuurdag/Talentkompetisie gee die leerders die geleentheid om hul kultuurtalente ten toon te stel. Die talente sluit in sang, drama, voordrag, kuns, dans, instrumenteel, ens.

 

REDENAARS:

Die skool bied interne Afrikaans en Engelse redenaarskompetisies aan. Die leerders wat deurdring, kry dan die geleentheid om deel te neem aan verskeie eksterne kompetisies.

 

DEBAT:

Die leerders word intern opgelei en kry geleentheid om teen ander skole debat te voer.

 

VASVRA:

Eenkeer ‘n jaar hou die skool ‘n algemene vasvrakompetisie. Leerders en onderwysers kry ‘n geleentheid om spanne van vier in te skryf om deel te neem. Die geleentheid is altyd groot pret.

 

GLANSFEES/MUSIEKBLYSPEL/REVUE:

‘n Musiekblyspel of Revue, word elke twee jaar aangebied.

 

SANGGROEP / KOOR:

Daar word beplan om die sanggroep uit te brei tot ‘n volledige koor wat dan aan verskeie eksterne kompetisies sal deelneem.

 

JVC:

VISIE

Uitgelewer aan Jesus en dit uit te dra en te leef soos wat Hy ons lei in die Woord.

MISSIE

Die ontsluiting van die volle potensiaal van wat God in elkeen van ons geplaas het.

Die positiewe uitleef van ons gawes, deur ander te dien – in die gemeenskap asook in ons skool.

 

JVC kom elke Maandag en Dinsdag in die vierkant bymekaar.

 

 

JV-STOEPSTORIES / SKOOLKOERANT / VALENTYNSDAGBILJET:

Die skool het voorheen ‘n skoolkoerant gehad wat deur die leerders saamgestel is.

In 2024 is die inisiatief weer aangepak en die eerste uitgawe sal in kwartaal 2 versprei word.

 

DRAMASKOOL:

Jo Christal Dramaskool het die skool genader en sal vanaf 2025 dramaklasse aanbied aan die leerders. Die leerders sal dan ook die geleentheid kry om aan twee produksies deel te neem.

 

Verantwoordelike persone:

  • Redenaars: Me. Marike Geyser
  • Kultuurdag:
  • Glansfees: Me. Anél Groenewald
  • Sanggroep: Me. Anél Groenewald en Me. Bianca du Plessis
  • Kunswedstryde/kunsfeeste/kompetisies/ens: Me. Magda Neveling

 

 

 

afAfrikaans