Voltwagen Sonkar

Die Sonkarprojek is ‘n opwindende inisiatief waar leerders deur samewerking en innovasie die grense van skoon, hernubare energie verken.

 

Die Genuine JV-Sonkarspan is ‘n unieke samestelling van HTS John Vorster-leerders, -onderwysers en -ouers. Ons reis het in 2020 begin toe TUT (Tshwane Universiteit van Tegnologie) hul 2016-sonkar geskenk het, wat as die grondslag vir die Voltwagen se ontwikkeling gedien het.

 

Ons is tans besig met die bou van Voltwagen 2 – ons nuwe sonkar waarmee ons in die 2024-Sasol Solar Challenge gaan kompeteer.

logo-background

SONKARDEELNAME

 

As deel van die leerervaring, word skoliere, ouers en onderwysers aangemoedig en uitgenooi om die ontwerpkonsepte van die bestaande sonkar te verbeter. Aspekte waaraan gewerk sal word,

sluit die volgende in:

  • verbetering van aërodinamiese weerstand;
  • basiese kennis van battery-konfigurasies en bestuur;
  • verbetering van die skarnierwerking van die boonste deel van die sonkar (grafiese tekeninge, ontwerp en vervaardiging);
  • begrip van die suspensie, meganiese remmeganisme en wielsporing;
  • vervaardiging van ‘n nuwe skerm om voor en agter die sonkar te kan sien;
  • begrip van die strategie, spanbestuur, logistiek, bemarking en fondswerwing vir ‘n sonkarspan;
  • addisionele tegniese werk, soos programmering, bedrading, veiligheidsdokumentasie, ens.

Die projek fokus op die begrip van fundamentele ontwerpkonsepte en die faktore wat die werking van die sonkar beïnvloed.

Die kennis, vaardighede en ervaring wat tydens die praktiese implementering van hierdie realistiese lewensprojek opgedoen is,

behels verskeie dissiplines soos:

  • projekbestuur,
  • spanbestuur,
  • bemarking,
  • spandinamika,
  • logistiek,
  • multidissiplinêre spanwerk,
  • die vermoë om onder druk te werk,
  • die vermoë om onderling verwante probleme op te los.

DOELWITTE

  • Om leerders die geleentheid te bied om praktiese vaardighede aan te leer rakende die meganiese, elektriese en digitale komponente van die Sonkar.
  • Om leerders die geleentheid te gee om te kompeteer teen plaslike en internationale sonkarspanne.

 

DEELNAME

Werksessies vind plaas by die skool en leerders werk prakties aan die kar.

 

WERKSTYE

Donderdae: 18:00-20:00 Saterdae 08:00- 12:00

 

KOSTES

Toergeld is nie deel van skoolfonds nie en is vir die onderskeie sonkarkompetisies betaalbaar.

 

PRESTASIES

Die Genuine JV-Sonkarspan het in 2024 deelgeneem aan die Sasol Solar Challenge waar ons vyfde geplaas is in die Internasionale Kompetisie (Ons is tans die derde beste Suid-Afrikaanse span). Ons is ook tweede geplaas in die Bridgestone Illanga Cup van 2023.

ORGANISEERDER

Francois Stolp

email hidden; JavaScript is required

Genuine JV-Sonkarspan

 

Die Genuine JV- Sonkarspan is ‘n multidissiplinêre span wat nou saamwerk om die projek se drome ‘n werklikheid te maak.

 

Genuine JV-Sonkarbestuurspan:

  • Spanbestuurder: Dr Marlize Kantor;
  • Tegniese bestuurder: Mnr Hannes Venter;
  • Bemarking en Fondswerwing: Mev Arlené Oosthuizen;
  • Logistieke bestuurder: Mev Erika de Vries;
  • Skoolverteenwoordiger:  Mev Helma van Rooyen.

 

Vir Borgskappe / Donasies, kontak ons fondsebestuurder by  email hidden; JavaScript is required

afAfrikaans