Skaak

Skaak by HTS John Vorster is besig om sterk te groei met getalle wat jaarliks toeneem. Daar word hard gewerk om die beste geleenthede vir leerders te bied, daarom skryf ons elke jaar spanne vir verskeie ligas in om spelers meer geleenthede te gee.

logo-background
background-hexogon-sport

DOELWITTE

  • Om skaak as een van die topsportsoorte in die skool te vestig en om te verseker dat daar ‘n sterk skaakkultuur onder die skaakspelers is.
  • ‘n Korttermyndoelwit is om vir die Gauteng-Noord Distrikskompetisies te kwalifiseer en sodoende ook altyd die skool se naam hoog te hou.

 

DEELNAME

Ons neem deel aan die skoleliga van “cluster” tot Gauteng. Die Arnold Classics Skaaktoernooi wat jaarliks plaasvind, is ‘n hoogtepunt waarna die spelers baie uitsien om as ‘n span die skool teen ander topskole te verteenwoordig.

 

OEFENTYE

Dinsdae en Donderdae vanaf 14:00 tot 16:00 in kamer 118.

 

KOSTES

By HTS John Vorster word alle kostes rakende liga en enige kompetisies waaraan ons moontlik deelneem, deur die skool gedra.

 

PRESTASIES

Ons kwalifiseer jaarliks vir die Distrikspanliga

sport-admin-background-hexogons

ORGANISEERDER

Mnr Leander Tait

email hidden; JavaScript is required

afAfrikaans