Krieket

HTS John Vorster se krieket is bevoorreg om 6 spanne in die Titans-liga vir 2024 in te skryf. Ons eerste span speel ook jaarlikse in verskei voorseisoentoernooie. Elke jaar sluit ook af met ‘n Krieketaandreeks waaraan HTS John Vorster, Montana, Wonderboom en Oos-Moot vir die afgelope 20 jaar deelneem. Hierdie het al tradisie in die Moot geword en word elke jaar net groter.

logo-background
background-hexogon-sport

DOELWITTE

Die hoofdoelwit van krieket by HTS John Vorster is om te verseker dat daar voldoende geleenthede vir alle spelers geskep word deur genoeg wedstryde/oefening vir alle spanne te reël. Afrigters word vir opleiding gestuur om deurlopend goeie afrigters in die posisie te plaas om leerders se potensiaal te ontwikkel.

 

AFRIGTERS

Die volgende afrigters is betrokke: JV-Boys: Mnre. Francois Avenant en Leander Tait. 2de span: Mnr Ryno Du Plessis; o/15-groep: Mnre. Jannie Rossouw, Abri Booijse en Marko van der Merwe, o/14-groep: Mnre. Martin Steyn en Hein Malan. Daar word jaarliks van gekwalifiseerde buite-afrigters gebruik gemaak om ons krieket ten volle te laat groei.

 

DEELNAME

Die JV’s neem jaarliks aan die volgende toernooie, kompetisies en krieketweke deel:

Die plaaslike Northerns-ligas (alle spanne); Totiusdal Handelshuis-reeks (eerstespan); Jaru Sportakademie Junie-Toer (eerstespan) en die JV-Krieketkliniek vir alle spanne (Junie)

 

OEFENTYE

Oefentye word vasgestel deur afrigters vir verskillende ouderdomsgroepe, afhangende van die dae wat die spanne wedstryde speel – gewoonlik twee sessies per middag: 14:30-16:00 en 16:00-17:30

 

SPESIALE VEREISTES

Geen.

 

ADDISIONELE KOSTES

o/14 tot 2de span koop hulle wedstrydhemde deur die skool aan teen R230 per hemp.

 

Adjunkhoof: Sport

Peet van der Westhuizen email hidden; JavaScript is required

sport-admin-background-hexogons

ORGANISEERDER

Mnr Francois Avenant

email hidden; JavaScript is required

afAfrikaans