Tafeltennis

Tafeltennis word sedert 1998 aangebied en is ‘n baie gewilde sportsoort by die skool. Groot sukses waarop daar voortgebou word, is reeds behaal.

 

Jaarliks ding spanne in die A- en B-liga mee. Daar word ook verskeie ontwikkelingsaksies gehou om dié sportsoort aan die leerders bekend te stel. Ons sien elke jaar uit na die nuwe seisoen wat voorlê.

logo-background
background-hexogon-sport

DOELWITTE

Om ten minste elke jaar onder die top drie spanne van albei ligas te eindig, is ons mikpunt. Ons het ‘n uitstekende afrigter met baie talent; dus is die droom bereikbaar.

 

AFRIGTERS

Die A- en B-span word deur meneer Christo Venter afgerig. Me. Schuring is die een agter die skerms wat alles by die skool reёl en organiseer.

 

DEELNAME

Die Hoër Tegnologiese Skool John Vorster neem aan die Gauteng-Noordliga deel – met spanne in die A- en B-ligas.

 

OEFENTYE

Oefeninge is op Maandae, Dinsdae, en Donderdae vanaf 14:00 tot 16:00. ‘n Spesiale program word gebruik waar spelers deurlopend aan proewe blootgestel word en wat gebruik word om die spanne te kies.

 

VEREISTES VIR DEELNAME

Spelers word aangemoedig om hulle eie speelrakette aan te koop, maar die skool het wel rakette wat beskikbaar gestel word, indien nodig.

 

KOSTES

Geen.

sport-admin-background-hexogons

ORGANISEERDER

Marieke Schuring

email hidden; JavaScript is required

afAfrikaans