Swem

By HTS John Vorster streef ons daarna om elke swemmer se talente ten volle te ontwikkel.

 

Die sukses en gees van swem by die skool lê in die organisasie, bestuur en topgehalte afrigting. Leerders hoef nie reeds ‘n uitstekende swemmer te wees om by die swemspan aan te sluit nie, aangesien daar ook by oefeninge gefokus word op die ontwikkeling van nuwe swemmers.

 

JV’s was bevoorreg om gedurende 2024 die gasheerskool te wees van die jaarlikse Interhoërgala by die Hillcrest Swembad waar ons die tweede plek behaal het.

logo-background
background-hexogon-sport

Doelwitte:

Dit ons visie as JV-Bulldogs om die C-bondliga te wen en om ‘n groter swemspan vir juniors en seniors te ontwikkel. Dit is ons doel om ‘n aansteeklike gees onder die swemmers te kweek. Ons streef daarna om ‘n kultuur te skep waar leerders en ouers mekaar ondersteun, en om ons Christelike norme te handhaaf.

 

Deelname:

Ons neem aan junior en/of senior galas, Interhoër en vriendskaplike galas deel.

 

Alhoewel daar nie ‘n swembad op die JV’s se skoolterrein is nie, laat ons ons nie daardeur onderkry nie. Die swemmers oefen by die Tjaart van Vuuren Munisipale Swembad in Hertzogstraat – sowat drie blokke vanaf die skool. Die swembad bied aan die swemmers die geleentheid om in ‘n 50m-swembad te oefen en sodoende volkome voorbereid te wees vir galas en die Interhoër.

 

Oefentye:

Januarie tot Interhoër – gewoonlik in Februarie:

  • Maandae, Dinsdae en Woensdae: 14:30– 15:30
  • Galas vind op Donderdae plaas.

 

September en Oktober:

  • Maandae en Donderdae: 14:30– 15:30

 

Oefenplek:

Tjaart van Vuuren Munisipale Swembad

Drag tydens galas:

  • volledige, korrekte skooldrag tot by die swembad;
  • swemkostuum met ‘n JV-hemp bo-oor

 

Afrigters:

Me. Ida van Wyk – wat vele jare ondervinding in swem het en ook haar eie swemskool besit.

 

Kostes:

Geen, behalwe eie toerusting. Daar word vereis dat leerders hul eie swembrille sal verskaf.

ORGANISEERDER

Me. Röntgen

email hidden; JavaScript is required

afAfrikaans