Landloop

HTS John Vorster se landloop doen besonders goed in die Moot-omgewing.  Ons neem deel in die B-liga. 

 

Ons bekwame, toegewyde afrigter dra sy passie oor aan die leerders wat aan landloop deelneem en maak dit ‘n gewilde buitemuurse aktiwiteit by HTS John Vorster.  Landloop is ‘n sport waar atlete leer wat dit beteken om toegewyd te wees, selfdissipline aan die dag te lê en te volhard.

 

Landloopoefeninge en -deelname begin reeds in April van elke jaar en strek tot September, wanneer die SA-kampioenskappe plaasvind.  HTS John Vorster is in die bevoorregte posisie om die berg aan ons noordekant tot ons voordeel te gebruik om landloop te bevorder. Van ons oefeninge vind op die berg plaas, waar die atlete geleentheid kry om die nodige vaardighede in te oefen.

logo-background
background-hexogon-sport

“Kom roer jou rat en hardloop vir HTS John Vorster.”

 

DOELWIT

Landloop is daar om te geniet, deursettingsvermoë te kweek, fiksheid te skep vir ander sportsoorte in af-seisoene en spangees te bevorder.

Ons het ervare, geesdriftige en toegewyde afrigters en bevoorreg om die berg in ons agterplaas as oefenveld vir stamina te hê.

 

Afrigters: Mnr Francois Labuschagne en Me Hester Ribberink

Organiseerder: Me Jacolene van der Merwe

 

DEELNAME

HTS John Vorster neem deel aan die AGN-landloopseisoen wat in die 3de kwartaal afskop met 4 ligawedlope in die B-skoleliga.

 

OEFENTYE

Maandae, Dinsdae en Donderdae 14:15 – 15:15

Ons oefen omtrent die hele jaar, aangesien ons graag al ons leerders die geleentheid wil gee om aan ander sportsoorte ook deel te neem.

 

Enigeen is welkom!

sport-admin-background-hexogons

ORGANISEERDER

Me. Jacolene van der Merwe

afAfrikaans