Akademie

Aangesien die Tegnologiese Studierigting gespesialiseerd is, beskik slegs ‘n volwaardige hoërskool vir Tegnologie soos HTS John Vorster, oor die vakspesialiste en gesofistikeerde toerusting wat ‘n waarborg is vir ononderbroke standaardonderrig en -opleiding.

 

HTS John Vorster is die enigste skool in die AL NEGE  Tegnologievakke met hulle spesialiseringsrigtings aanbied.

Verpligte vakke van graad 8 en 9

Afrikaans Huistaal

Engels Eerste Addisionele Taal

Wiskunde 

Natuurwetenskappe

Skeppende Kunste 

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Sosiale Wetenskappe

Lewensoriëntering

Tegnologie

Ingenieursgrafika en Ontwerp

Afrikaans en Engels

Afrikaans Huistaal en Engels Eerste Addisionele Taal is verpligtend van graad 8 tot graad 12.

Ekonomiese & Bestuurswetenskappe

EBW is verpligtend in graad 8 en 9

Sosiale Wetenskappe

SW is verpligtend in graad 8 en 9

Lewensoriëntering

Lewensoriëntering is verpligtend van graad 8 tot 12

Natuurwetenskappe

Natuurwetenskappe is in grade 8 en 9 verpligtend.

​In grade 10 tot 12 mag ‘n leerder kies tussen Fisiese Wetenskappe en Tegniese Wetenskappe.

​In graad 12 is Fisiese Wetenskappe óf Tegniese Wetenskappe ‘n verpligte vak.

Wiskunde

Wiskunde is van graad 8 tot 12 verpligtend.​

In grade 10 tot 11 mag ‘n leerder kies tussen Wiskunde óf Tegniese Wiskunde​​

In graad 12 is Wiskunde óf Tegniese Wiskunde ook ‘n verpligte vak

IGO - Ingenieursgrafika en Ontwerp

IGO is verpligtend van graad 8 tot 12.

In graad 8 en 9 word basiese teken- en tegnologietegnieke aangeleer

Skeppende Kuns

SK is verpligtend in graad 8 en 9

Tegnologievakke

Inleidende onderrig in Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Siviele Tegnologie (om basiese, tegniese vaardighede te bemeester) is verpligtend in grade 8 en 9. Dié vakke word op rotasiebasis aan alle leerders bekendgestel. In graad 10 kies ‘n leerder een rigting uit ‘n moontlikheid van nege rigtings:

ELEKTRIESE/ELEKTRONIESE TEGNOLOGIE

  • Elektronika
  • Kragstelsels
  • Digitale Stelsels 

MEGANIESE TEGNOLOGIE

  • Paswerk en Masjinering
  • Motorkunde
  • Sweis en Metaalbewerking

SIVIELE TEGNOLOGIE

  • Konstruksie
  • Houtbewerking
  • Siviele Dienste 
afAfrikaans