Bergfiets

Die HTS JOHN VORSTER-bergfietsryers is ‘n uitnemende en doelgerigte groep ryers wat as span en individueel deur die loop van die jaar aan verskeie bergfietsbyeenkomste deelneem.

 

Die skool bied jaarliks een van die Cycle Lab-ligawedrenne aan. Hierdie roete word deur ander skole as die mees uitdagende roete van al die wedrenne, beskou. Daar is geen ander skool wat kan spog met ‘n oefen- en wedrenroete in die Magaliesberge – aangrensend tot die skool – nie. Met uitstekende afrigters en ‘n entoesiastiese organiseerder, het ons ‘n wenresep om leerders se vaardighede te verbeter om sukses te behaal, maar ook ‘n liefde en passie vir die sport te ontwikkel.

logo-background
background-hexogon-sport

DOELWITTE

Ons wil HTS John Vorster se bergfietsspan as een van kompeterende seunspanne in die land vestig.

 

AFRIGTING

Die bergfietsryers oefen voltyds onder leiding van Lionel Scholtz en Gawie Victor wat beide as UCI Level 2-afrigters gekwalifiseerd is en die brein agter die Coaches Fitness Centre klub is. Beide afrigters neem ook self op kompeterende vlak aan pad- en bergfietswedrenne deel en het talle jare ondervinding in die ontwikkeling van fietsryers.

 

DEELNAME

Ons bergfietsryers neem jaarliks aan al die Gauteng-skole Cycle Lab-byeenkomste deel. Individuele deelname aan buite-wedrenne word ook aangemoedig om sodoende ryers se vaardighede te bevorder en met hierdie prestasie ook hul merk te maak in hierdie sportsoort.

 

Ons poog om elke maand ‘n “Time-Trial” onder ons fietsryers te doen, om sodoende die verbetering van ryers te monitor, hul persoonlike beste tyd op te stel en ‘n verbetering na te jaag.

 

Die span se kommunikasie vind via die skool se amptelike Bergfiets- Whatsappgroep plaas en Me. Marike Geyser (organiseerder) kan ook direk gekontak word.

 

OEFENTYE

Die bergfietsryers oefen op Dinsdae en Donderdae vanaf 15:00 tot 16:00 by die berg (30e Laan-ingang na die berg) en ander vaardighede word in die parkie in Moultonlaan, tussen Mill- en Daystraat geoefen.Hierdie parkie is ongeveer 1.5 kilometer vanaf die skool se hoofhek.

 

Let wel: Indien ouers nie die leerders by hierdie parkie kan aflaai nie, is die leerders welkom om almal saam, vanaf HTS John Vorster se hoofhek, as groep te ry. Dit vind onder die toesig van die afrigter plaas.

 

KOSTE EN TOERUSTING

‘n Betroubare fiets en al die nodige veiligheidstoerusting (valhelm, handskoene, fietsryskoene en/of hardlooptekkies) en ‘n swart fietsrybroek word benodig.

 

Daar is ‘n R200-deposito wat aan die begin van die seisoen deur elke ryer vereis word. Die inskrywingsfooi vir die Cycle Lab-reeks beloop R 200 per wedren en R100 vir die eerste nommerbord wat tydens die eerste wedren aangekoop word. Die skool dra hierdie onkoste vir elke fietsryer.

sport-admin-background-hexogons

ORGANISEERDER

Mev Marike Geyser

email hidden; JavaScript is required

qrcode

Besoek ons op Facebook

afAfrikaans