Netbal

HTS John Vorster-netbal is ‘n groep dinamiese jong dames wat nie net die liefde vir die sport uitleef nie, maar dit ook geniet om in spanverband en individueel te groei. Hierdie groep dogters is toegewyd om sukses te behaal en met die hulp van betrokke en passievolle afrigters, straal hulle ‘n positiewe beeld van die skool uit.

 

Die eerste netbalspan by HTS John Vorster, volg ‘n aanhaling van die Captain America film wat sê: Ïf they hurt you, hurt them back. If they kill you, walk it off”. Hierdie waagmoed kan regdeur by al 8 spanne gesien word. Hierdie dogters veg altyd tot aan die heel einde en selfs al is die kans tot oorwinning hoe skraal, bly hierdie dogters veg totdat die eindfluitjie blaas.

 

Ons open en sluit elke wedstryd met gebed af omdat ons weet dat geen dogter haar talent sou kon uitleef en groei as dit nie vir God se genade was nie. Ons glo vas daarin dat ‘n gesonde liggaam ‘n gesonde gees sal huisves en daarom is ons trots om te sê dat netbal bydra tot die holistiese ontwikkeling van elke dogter wat netbal speel in HTS John Vorster.

logo-background
background-hexogon-sport

DOELWITTE

  • Om spelers se vaardighede te ontwikkel met behulp van gestruktureerde oefenprogramme;
  •  om spelers se selfvertroue te bevorder;
  • om ‘n veilige omgewing vir elke dogter te skep waar sy kan groei en terselfdertyd geniet;
  • om ‘n kultuur te skep waarin wen belangrik is, maar nooit ten koste van alles is nie en waarin harde werk beloon word in plaas van die REG om in ‘n span te speel; en
  • om netbaltradisies te skep.

 

AFRIGTERS

Ons afrigters streef daarna om hulself daagliks te verbeter om die beste moontlike afrigting aan die dogters te bied. Afrigting begin reeds vroeg met voorseisoen- oefeninge sodat die dogters op die regte manier gekondisioneer kan word om gereed te wees wanneer die seisoen begin.

 

DEELNAME

By HTS John Vorster word geen dogter weggewys na afloop van die netbalproewe nie. Ons soek en skep vir elke dogter ‘n plekkie en elkeen kry die geleentheid om te groei en deel te neem.

 

KOSTE

Wedstryd- en oefendrag moet self aangekoop word.

sport-admin-background-hexogons

ORGANISEERDER

Me. Bianca du Plessis

email hidden; JavaScript is required

afAfrikaans