Die skool skryf jaarliks verskeie senior en junior spanne vir die liga in. Alle spelers ontvang een keer per week gratis, professionele afrigting. Hierdie jaar het ons twee junior en twee seniorspanne.
Cochrane Tennis Afrigting (CTC) is al vir die afgelope sewe jaar verantwoordelik vir die afrigting van JV-skooltennis. CTC bied ook aan leerlinge die geleentheid om hulle beste te lewer en tennis as ‘n lewenslange leefstyl te ontwikkel.
CTC maak gebruik van Waverley Tennisklub vir afrigting en wedstryde, omdat ‘n groot hoeveelheid JV-leerlinge reeds lid is by Waverley Tennisklub.