Doelwitte:
Dit ons visie as JV-Bulldogs om die C-bondliga te wen en om ‘n groter swemspan vir juniors en seniors te ontwikkel. Dit is ons doel om ‘n aansteeklike gees onder die swemmers te kweek. Ons streef daarna om ‘n kultuur te skep waar leerders en ouers mekaar ondersteun, en om ons Christelike norme te handhaaf.
Deelname:
Ons neem aan junior en/of senior galas, Interhoër en vriendskaplike galas deel.
Alhoewel daar nie ‘n swembad op die JV’s se skoolterrein is nie, laat ons ons nie daardeur onderkry nie. Die swemmers oefen by die Tjaart van Vuuren Munisipale Swembad in Hertzogstraat – sowat drie blokke vanaf die skool. Die swembad bied aan die swemmers die geleentheid om in ‘n 50m-swembad te oefen en sodoende volkome voorbereid te wees vir galas en die Interhoër.
Oefentye:
Januarie tot Interhoër – gewoonlik in Februarie:
- Maandae, Dinsdae en Woensdae: 14:30– 15:30
- Galas vind op Donderdae plaas.
September en Oktober:
- Maandae en Donderdae: 14:30– 15:30
Oefenplek:
Tjaart van Vuuren Munisipale Swembad
Drag tydens galas:
- volledige, korrekte skooldrag tot by die swembad;
- swemkostuum met ‘n JV-hemp bo-oor
Afrigters:
Me. Ida van Wyk – wat vele jare ondervinding in swem het en ook haar eie swemskool besit.
Kostes:
Geen, behalwe eie toerusting. Daar word vereis dat leerders hul eie swembrille sal verskaf.