HTS John Vorster se landloop doen besonders goed in die Moot-omgewing. Ons neem deel in die B-liga.
Ons bekwame, toegewyde afrigter dra sy passie oor aan die leerders wat aan landloop deelneem en maak dit ‘n gewilde buitemuurse aktiwiteit by HTS John Vorster. Landloop is ‘n sport waar atlete leer wat dit beteken om toegewyd te wees, selfdissipline aan die dag te lê en te volhard.
Landloopoefeninge en -deelname begin reeds in April van elke jaar en strek tot September, wanneer die SA-kampioenskappe plaasvind. HTS John Vorster is in die bevoorregte posisie om die berg aan ons noordekant tot ons voordeel te gebruik om landloop te bevorder. Van ons oefeninge vind op die berg plaas, waar die atlete geleentheid kry om die nodige vaardighede in te oefen.