Tafeltennis
Tafeltennis
Tafeltennis word sedert 1998 by HTS John Vorster aangebied en is ’n baie gewilde sportsoort by die skool. Groot sukses is reeds behaal en daar word steeds voortgebou op hierdie fondasie.
Jaarliks ding spanne in die A- en B-liga van die Gauteng-Noordliga mee. Daar word ook verskeie ontwikkelingsaksies gehou om dié sportsoort aan meer leerders bekend te stel.
Ons mikpunt is om jaarliks onder die top drie spanne van albei ligas te eindig. Die A- en B-span word deur Mnr Christo Venter afgerig.
Oefeninge: Maandae, Dinsdae en Donderdae van 14:00 tot 16:00. Spelers word aangemoedig om hul eie spelrakette aan te koop, maar die skool het rakette wat gebruik kan word.