2027-Aansoeke - Inligting
Volledige inligting vir Graad 8-aansoeke vir 2027

Aansoeke/Registrasies vir Graad 8 2027
Alle aansoeke vir 2027 se graad 8's is 'n tweeledige proses:
A. Aanlynregistrasie by die skool
Sodat alle inligting rakende die betrokke leerder bekom kan word. (Dit moet so gou moontlik na die Opedag — vanaf 20 April 2026 — geskied.)
Gebruik hiervoor die volgende skakel:
Die volgende dokumente moet met u aansoek opgelaai word:
- Leerder se geboortesertifikaat — verpligtend
- Leerder se nuutste graad 7-rapport — verpligtend
- Albei ouers/voogde se ID-dokumente — verpligtend
- Adresbewys — nie ouer as 3 maande nie — verpligtend
- U mediesefondskaart — indien van toepassing
- Leerder se konsessie-/akkommodasiebewys van die Departement van Onderwys (beskikbaar by die laerskool) — indien van toepassing
Onvolledige aansoeke sal nie oorweeg word nie.
B. Registrasie by die Gauteng Departement van Onderwys (GDO)
So teen die middel van die jaar — gewoonlik in Juniemaand — open die GDO se aansoekproses.
- U moet asseblief seker maak dat u u kind by al die skole wat u oorweeg aansoek doen.
- Hy/sy sal nie by 'n skool geplaas word indien hy/sy nie by die GDO geregistreer is nie.
Ons laat weet die ouers wat leerders by HTS JV geregistreer het, sodra ons kennis kry van wanneer die GDO-registrasies open. Vir ouers wat probleme ondervind of onseker is, reël die GDO talle instap-lokale waar ouers met die proses gehelp word. Hou gerus die GDO-webblad dop vir meer inligting hieroor.
Op grond van hierdie aansoeke, vind die plasings later in die jaar plaas — gewoonlik teen September/Oktober. Dan kommunikeer ons weer onmiddellik met die betrokke ouers.
C. WhatsApp-groep vir 2027 se Graad 8's
Dit is ook belangrik dat u by hierdie WhatsApp-groep aansluit. Hier hou ons u deurlopend op die hoogte van alle prosesse en verwikkelinge, en gee ook raad — want ons besef dit is 'n baie onseker tyd vir menige ouers.
Om by die WhatsApp-groep aan te sluit:
- Stuur 'n WhatsApp-boodskap na 071 264 4420 en vra om by die Graad 8-groep van 2027 aan te sluit.
Vra aan Mev Isabel Kotzé
Vir enige onsekerhede/vrae, skakel haar by:
087 148 3702 | isabelk@htsjv.co.za
Maandag tot Vrydag 08:30 tot 12:30