Kultuur
Kultuur
Die JV-sanggroep bly groei en geleenthede vir optredes vermeerder.
JV-Talentaand gee leerders die geleentheid om hul talente te kom uitstal in baie verskillende aspekte en kans om pryse te wen. Kategorieë sluit in: sang, dans, instrumentaal, voordrag/drama, kuns, mengelmoes en groep.
Redenaars loop sterk in JV-kultuur. Leerders neem intern deel op Afrikaans en Engels en word ook blootgestel aan eksterne kompetisies.
JVC gee twee keer ’n week vir leerders die geleentheid om bymekaar te kom, mekaar te ondersteun en van Christus te leer.
JV-skoolkoerant (Stoepstories) gee aan leerders met skryftalent die geleentheid om interessante artikels te skryf wat in die koerant gepubliseer word.