Netbal
Netbal
By HTS John Vorster-netbal is ons visie en missie om elke speler die geleentheid te bied om opnuut ’n passie vir netbal te ontwikkel en om elke speler te motiveer om die beste netbalspeler te word wat hul moontlik kan wees.
Daar word ’n omgewing geskep waar spelers met vrymoedigheid hul talent kan uitleef, ontwikkel en verbeter. Elke netbalafrigter is kundig op die netbalgebied en doen moeite om ’n positiewe omgewing te skep waar elke speler as individu, maar ook as ’n span, hul netbalvaardighede kan ontwikkel en versterk.
HTS John Vorster speel in die D3 Emerald-liga. Ons het o/14A- tot o/19A-spanne. In 2025 het ons o/14A- en o/19B-span weggestap as ligawenners. Ons o/19A-span het tweede in die liga geëindig. Hulle kry ook jaarliks die geleentheid om aan distriksproewe deel te neem waar ons dogters baie goed presteer en deurdring na volgende rondtes.
Ons eerstenebalspan toer jaarliks om te verseker dat hulle die geleentheid kry om mekaar as span beter te leer ken en saam, as ’n eenheid, te kan groei en ontwikkel. Daar word ook spesialisafrigters na ons skool genooi om sekere vaardighede vir te kom afrig.
Elke netbalwedstryd word geopen met gebed en skriflesing omdat ons weet dat geen dogter haar talent sou kon uitleef en groei as dit nie vir God se genade was nie. Ons glo vas daarin dat ’n gesonde liggaam ’n gesonde gees sal huisves.