Jukskei
Jukskei
Vanaf die sport se ontstaan in 1743 het jukskei gegroei tot ’n populêre, kompeterende sport wat in skole en klubs op provinsiale en nasionale vlak gespeel word.
Ons toegewyde afrigters — Me Renate Hattingh, Me Janelda Röntgen en Mnr Hein Malan — en veral ons spelers maak van jukskei ’n gewilde en lekker spansport. Ons verteenwoordig die skool by alle toernooie met groot entoesiasme.
Oefeninge: Maandae, Dinsdae en Donderdae van 14:15–15:30 op die skool se jukskeibane. Tydens toernooie word JV-drag en JV-sweetpak gedra.
2023-prestasies: 6 spanne het aan die skoleliga deelgeneem en 5 van die 6 het in die top 3 van hul afdelings geëindig — eerste span 1ste in A-afdeling, tweede span 2de in O/19 Gemeng, derde span 1ste in O/19B, O/16B 3de, O/16C 1ste, en 2de plek by die Noordvaal-toernooi. Die volle eerste span en drie individuele spelers is vir SA-verteenwoordiging gekies.