Landloop
Landloop
HTS John Vorster se landloop doen besonders goed in die Moot-omgewing en neem deel in die B-liga. Ons bekwame, toegewyde afrigters — Mnr Francois Labuschagne en Me Hester Ribberink — dra hul passie oor aan die leerders en maak landloop een van HTS John Vorster se gewildste buitemuurse aktiwiteite.
Landloop is ’n sport waar atlete leer wat dit beteken om toegewyd te wees, selfdissipline aan die dag te lê en te volhard.
Oefeninge en seisoen: Maandae, Dinsdae en Donderdae, 14:15–15:15. Oefeninge begin reeds in April en strek tot September wanneer die SA-kampioenskappe plaasvind. HTS John Vorster is in die bevoorregte posisie om die berg aan ons noordekant tot ons voordeel te gebruik om landloop te bevorder.
Kompetisie: Tydens die AGN-landloopseisoen (3de kwartaal) is daar vier ligawedlope in die B-skoleafdeling. Landloop is daar om te geniet, deursettingsvermöë te kweek, fiksheid te skep vir ander sportsoorte in af-seisoene en spangees te bevorder.