Robotika

Die moderne wêreld verander by die dag.  Ons word daagliks met nuwe tegnologie by ons huise en by ons werk gekonfronteer. 

 

Werksgeleenthede waarvan ons nog nie gedroom het nie, gaan in die toekoms beskikbaar wees. 

 

Die Robotikaklub berei leerders voor vir die uitdagings wat deur die tegnologiegedrewe samelewing vereis word, deur hulle te leer hoe om probleme te analiseer en op te los.

logo-background
sport-admin-background-hexogons

ORGANISEERDER

Mnr Charl Marais

Wat Behels Robotika?

  • Die bou van basiese robotte vanuit ‘n gegewe stel komponente;
  • die programmering van basiese robotgedrag,
  • die gebruik van motors en rotasie, klank-, lig-, gyro-, raak- en ultrasoniese sensors om robotte te beheer.

 

Klubaktiwiteite word gebaseer op die praktiese toepassing van leertegnieke wat die leerder sal toerus om sy/haar vaardighede te ontwikkel en die leerder te laat ervaar waarmee ingenieurs, wetenskaplikes en tegnoloë hulle besig hou.  Fasiliteerders van die Tshwane University of Technology (TUT) se Ingenieursfakulteit bied die klasse aan.  Daar word van ‘n gestruktureerde kurrikulum gebruik gemaak en daar word rekord gehou van die leerders se vordering.

 

Leerders word blootgestel aan ‘n omgewing waarin robotte gebruik word om hul denkvaardighede, probleemoplossingsvaardighede en verbeelding te gebruik om saam met ander leerders in ‘n span, werklike scenario’s met behulp van robotte op te los.  Aktiwiteite help die leerder om die praktiese toepassing van wetenskap, tegnologie en wiskunde oor ‘n tydperk op verskillende vlakke waar te neem, bv.:

  • Wetenskap : Ondersoek die omskakeling van energie, krag, spoed en drywing en die effek van wrywing;
  • Tegnologie: Programmeer inset- en uitsettoestelle en gebruik hierdie toestelle om ‘n robot te beheer om werklike scenario’s op te los;
  • Ingenieurswese: Ontwikkel oplossings vir scenario’s en bou ‘n robot of onderdeel vir die robot wat die scenario kan oplos;
  • Wiskunde: Ervaar hoe wiskunde in die praktyk gebruik word om die robot in staat te stel om afstand, omtrek, radiale, rotasiespoed, koördinate en breuke te gebruik om ‘n opdrag uit te voer.

 

Daar word ook aan kompetisies deelgeneem op streeks-, provinsiale en nasionale vlak.  Die wenners van die nasionale kompetisie dring deur na die internasionale kompetisie om Suid-Afrika internasionaal te verteenwoordig.

 

Elke klublid – na elke klubaktiwiteit – geassesseer op die volgende aspekte:

  • deelname in klubaktiwiteit;
  • gedrag tydens klubtyd;
  • groepwerk;
  • meganiese vaardighede; en
  • programmeringsvaardighede.

FOOIE

Om al bogenoemde moontlik te maak, is daar klubgelde betrokke.  Die gelde beloop R57.00 per uur of R450 per maand vooruitbetaalbaar per klublid EFT[P1]  aan Brickplay.

 

Hierdie fondse verskaf aan die leerder toegang tot ‘n skoolrekenaar, ‘n robot en ‘n opleier (finale jaar Ingenieurstudent in megatronika).

 

‘n Eenmalige R150 registrasiefooi is betaalbaar.

w
afAfrikaans

Jou mandjie

Insamelings by die skool gedoen

Mandjie is leeg

Subtotaal
R0.00
DOEN AANSOEK
0